Toe ek hierdie resep ontdek, het ek gedink dit is perfek vir mense soos ek, wat sukkel om te weet of hoender gaar is of besig is om uit te droog.
Probeer gerus.
GEBAKTE GESTOPTE HOENDER
2,7 tot 3,5 kg hoender
? koppie gesmelte botter
1 koppie stopsel (na smaak)
1 koppie ongekookte popcorn
sout en peper
Voorverhut oond tot 180?c. Smeer hoender goed met gesmelte botter, sout en peper. Vul hoender met stopsel en popcorn. Plaas in oondpan met nek na voorkant van oond.
Luister vir opo geluide......!!
Wanneer die hoender se gat ontplof, die oonddeur oopskiet en die hoender met 'n moerse deur die lug vlieg, kan jy weet die hoender is gaar!!